Sandoy

Sandoy

Sandø
Eiland
Sandur op die eiland van Sandoy - uitsig vanaf die Sandsvágur-baai in die suidoos
Sandur op die eiland van Sandoy - uitsig vanaf die Sandsvágur-baai in die suidoos
Ligging van
Ligging binne die Faroëreilande
Koördinate: 61°51′N 6°47′W / 61.85°N 6.78°W / 61.85; -6.78
StaatDenemarke
Autonomous countryFaroëreilande
RegionSandoy
Oppervlak
 • Totaal125 km2 (48 vk. myl)
Bevolking
 (7-2017)
 • Totaal1 237[1]
Skakelkodes298

Sandoy (Deens: Sandø, Afrikaans: Sandeiland) is die eerste van die vyf suidelike eilande wat die Faroe-ketting opmaak, die vyfde grootste van al die Faroëreilande,[2] 'n outonome streek van die Koninkryk van Denemarke. Dit verwys ook na die streek wat hierdie eiland saam met Skúvoy en Stóra Dímun insluit. Vanaf 2001 is die grootste bevolkingsentrum op die eiland die dorp Sandur met 'n bevolking van 599.[3] Ander nedersettings sluit in Skarvanes, Skopun, Skálavík, Húsavík en Dalur.

Sandoy kry sy naam van die groot strand by Sandur, en die algemene sanderige grond van die eiland. Dit is die enigste eiland met duine.

Daar is eilande met soortgelyke name, soos Sanday in die Orkney-eilande, Sanday in die Binne-Hebride en Sandøy in Noorweë.

'n Voorstel is goedgekeur deur die Faroëse parlement om 'n tonnel te bou om Sandoy met die meer digbevolkte Streymoy aan die noorde te verbind. Konstruksie sal na verwagting na 2021 voltooi word.

  1. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named population
  2. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Proctor
  3. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named visitsandoy.fo

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search